Mangaung Metro se water word dopgehou

Mangaung Metro se water word dopgehouThabo Manyoni gister by 'n mediakonferensie in Bfn. Foto: Netwerk24

Die uitvoerende burgemeester van die Mangaung Metro, Thabo Manyoni, sê die waterverskaffing aan die metro word daagliks gemonitor en hoewel daar tans genoeg water is, dit nie genoeg is vir die groot uitdagings van die toekoms nie.

Hy het gesê die munisipaliteit kry weens die droogte en die waterbeperkings in dié stadium net 58% van sy normale voorraad rou water.

Die metro se 43 wateropgaartenks is egter gemiddeld 80% vol.

Die Rustfonteindam is 21% vol en die Welbedachtdam 93%, met Maselspoort en Mockesdam op 60% elk.

Dit beteken die beskikbare watervoorraad in die gebied is gemiddeld 86% van die beskikbare kapasiteit.

Netwerk24 berig Manyoni het beklemtoon die groot uitdagings is egter om aan Botshabelo en Thaba Nchu water te verskaf, omdat die vraag daar die grootste in die droogte is.

Hy het ook benadruk dat die Katsedam nie volhoubaar water kan lewer om die metro elke keer te red nie en weer ’n beroep op inwoners gedoen om water steeds uiters spaarsamig te gebruik.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This