Mangaung munisipaliteit gaan Huishoudelike Reisopname onderneem

Mangaung munisipaliteit gaan Huishoudelike Reisopname onderneem

Die Mangaung Metro-munisipaliteit gaan vanaf 22 Augustus tot 30 September
die Huishoudelike Reisopname onderneem.

Dié opname word gedoen met die oog op die Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk, wat die instelling van ‘n betroubare, doeltreffende en veilige openbare vervoerdiens behels.

Die metro sê hy versoek inwoners om met die opnamebeamptes, wat huishoudings sal besoek om inligting oor u reisgewoontes te verkry, saam te werk.

Vir verdere besonderhede, besoek die webtuiste: mangaung.co.za

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This