Mantashe vaar uit oor staatskaping

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, sê die storm rondom die bewerings van staatskaping is ‘n groter verleentheid vir die party as die Nkandla-skandaal.

Mantashe het tydens Jeugdagvieringe op Libode in die Oos-Kaap gepraat. Hy het ‘n beroep op partylede gedoen om saam te staan om die party se probleme op te los.

Hy het partylede ook daarteen gewaarsku om hulle by opposisiepartye te skaar wat die ANC uit die kussings wil lig. Mantashe het lede ook versoek om hulle van leierskapnominasies voor September te weerhou.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This