Mbete stel besluit oor debat uit

Die DA eis dat die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, teen Vrydag moet sê of daar in die geheim gestem sal word in die debat oor die mosie van wantroue in president Jacob Zuma op 8 Augustus of nie.

Die party het Mbete ook vanoggend skriftelik versoek om haar as voorsittende beampte vir die debat te onttrek weens haar slaafse verdediging van Zuma.

Die DA se hoofsweep, John Steenhuisen, sê daar is geen rede waarom die speaker haar besluit langer hoef uit te stel nie.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This