METRO GAAN GELD GEBRUIK VIR KOOP VAN KAARTJIES

METRO GAAN GELD GEBRUIK VIR KOOP VAN KAARTJIES

Die Mangaung-metro het goedkeuring gegee dat raadslede wat reeds reusagtige vergoedingspakkette ontvang, kaartjies vir aanbiedings soos Macufe met raadsgeld kan aankoop.

Die punt is met 59 stemme van die ANC en AIC deurgevoer met die 29 teenstemme in die minderheid.

Die DA, Cope en Vryheidsfront Plus het hul skok oor die besluit uitgespreek aangesien daar besluit is dat van September 2015 geen sulke kaartjies met belastingbetalers se geld gekoop sou word nie.

Netwerk24 berig die DA se koukussweep, Johan Pretorius, het gesê inwoners van Mangaung bel hom daagliks oor die haglike toestand van grondpaaie en dat amptenare vertel daar is nie geld om dit te herstel nie.

Inwoners hoor dan die volgende dag die stadsraad het besluit om hul geld vir die koop van kaartjies te gebruik.

Kontrakteurs wat nie betaal word nie en die verbetering van infrastruktuur is ook van die geldkwessies wat die metro dringend moet aanspreek.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "METRO GAAN GELD GEBRUIK VIR KOOP VAN KAARTJIES"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This