Metro wil raadslede na UFH stuur vir opleiding

Opposisie-partye soek antwoorde oor waarom die Mangaung Metro beplan om 35 raadslede na die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap te stuur vir
opleiding, in plaas van plaaslike tersiêre instellings.

Netwerk24 berig dit sal veel goedkoper wees om van plaaslike tersiêre instellings soos die Universiteit van die Vrystaat (UV) of die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) gebruik te maak.

Volgens DA-raadslid Eddie Rasoeu ontstaan vrae oor waarom dit elders as hier
moet plaasvind.

Die UV het in die verlede die opleiding gegee.

Volgens die speaker, Mxolisi Siyonzana, is ooreenkomste vir opleiding vir raadslede in Suid-Afrika aangegaan met die universiteite van Fort Hare, Witwatersrand en Pretoria en kos dit die metro net die registrasiegeld.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This