Moontlike koalisie tussen DA, EFF

Moontlike koalisie tussen DA, EFF

’n Tentatiewe ooreenkoms is volgens die DA met die EFF oor moontlike samewerking in ‘n koalisie bereik na afloop van die munisipale verkiesing.

Word die ooreenkoms wel bekragtig, is dit moontlik dat drie kernmetro’s – Johannesburg, Tshwane en Nelson Mandelabaai in Port Elizabeth, wat voorheen in ANC-beheer was – gesamentlik deur die DA, EFF en kleiner partye beheer kan word.

Die voorsitter van die DA se federale raad, James Selfe, het gister gesê dié party vergader binne 24 uur op versoek van die EFF met dié party en dat hy seker is die ooreenkomste sal in die volgende twee dae gesluit word voor Saterdag se sperdatum.

Volgens Selfe word die onderhandelings nie oorhaastig gedoen nie en is hy van mening dat alle ooreenkomste binne die volgende 48 uur openbaar gemaak sal word.

Netwerk24 berig partye beoog om hul eerste munisipale raadsvergaderings Donderdag of Vrydag te hou.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This