Mosie teen Zuma: “Geen gronde om teen lede op te tree nie”

Mosie teen Zuma: "Geen gronde om teen lede op te tree nie"

‘n Politieke kenner sê daar is geen gronde vir die ANC om op te tree teen sy parlementslede wat eergister gestem het vir die opposisie se mosie van wantroue teen president Jacob Zuma nie.

Die mosie is net-net afgeweer toe 198 LP’s daarteen gestem het en 177 daarvoor.

Die ANC in KwaZulu-Natal het daarna gevra vir streng optrede teen partylede wat saam met die opposisie gestem het.

Die direkteur van die sentrum vir Grondwetlike Regte, Phephelaphi Dube, sê dit is onmoontlik aangesien dit ‘n geheime stemming was.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This