Partye soek antwoorde oor Ramkraal-tronk

Partye soek antwoorde oor Ramkraal-tronkDie Ramkraal-tronk voordat dit geplunder en verniel is. Foto: PressReader

Vrystaatse opposisie-partye eis antwoorde oor wat hulle noem Orkaan Ace wat die Ramkraal-tronk, ‘n erfenis-gebou, in Bloemfontein getref het.

Netwerk24 berig sowat R120 miljoen is bewillig om die Vrystaatse wetgewersgebou daar op te rig, maar nie ‘n enkele sooi is omgespit nie.

Volgens Wouter Wessels, VF Plus-lid, lyk dit asof ’n orkaan deur die erfenisgebou is en gaan daar toenemend druk op die ANC-regering toegepas word om te verklaar waarheen die R120 miljoen verdwyn het.

Meer as 400 000 studende kan met die astronomiese bedrag vir tersiêre onderrig gestuur word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This