Plaasaanvalle: VF Plus vra vir ‘n debat

Plaasaanvalle: VF Plus vra vir 'n debat

Die Vryheidsfront Plus het die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, skriftelik gevra om ‘n debat oor plaasaanvalle en plaasmoorde toe te laat.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. sê die slagting van boere in plaasaanvalle moet stopgesit word en die VF Plus het versoek dat ʼn dringende debat in die parlement gevoer word om die aangeleentheid te bespreek.

Hy sê die moord op vier lede van die Smuts-familie van Balfour in Mpumalanga op 15 Februarie vanjaar het die aantal moorde net in Februarie reeds tot elf laat styg.

Tot gister was daar reeds dertig aanvalle, wat beteken daar vind twee aanvalle elke dag plaas hierdie maand.

Groenewald sê die skerp toename in die aantal moorde en veral plaasaanvalle oor die laaste paar jaar, asook die brutaliteit in baie van die voorvalle is veral kommerwekkend.

Hy sê die nasionale polisiediens slaag nie daarin om sy plig uit te voer om landelike gebiede en in die besonder die boerderygemeenskap, te beveilig nie.

“Die verlies van ‘n boer, hetsy ʼn kleinhoewe- of kommersiële boer, het nie net ‘n onmiddellike direkte impak op die families van die vermoorde boer en sy of haar werknemers nie, maar dit is ‘n direkte bedreiging vir voedselsekerheid en uiteindelik die BBP van die land,” sê Groenewald.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Be the first to comment on "Plaasaanvalle: VF Plus vra vir ‘n debat"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This