Plaaseienaar 20 keer gesteek deur sy werkers

Agri Wes-Kaap het ‘n plaasaanval veroordeel wat verlede nag in die Koue Bokkeveld noord van Ceres plaasgevind het.

Die eienaar van die plaas Welbedacht, Wilhelm van der Merwe, is sowat twintig keer met ‘n skerp voorwerp gesteek toe hy na bewering deur drie van sy werkers oorval is.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This