Premier gaan bande met SAUK tydelik verbreek

Premier gaan bande met SAUK tydelik verbreek

Die regering van Noordwes sê die premier, Supra Mahumapelo, gaan wat hy noem, sy bande met die SAUK tydelik verbreek.

Daar is onlangs berig dat Mahumapelo voorkeurbehandeling kry van die openbare uitsaaier se kantoor in Noordwes en dat die premier oormatige nuusdekking kry en ook voorskryf wat en hoe daar oor hom berig moet word.

Die SAUK-woordvoerder, Kaizer Kganyago, wou nie kommentaar lewer nie.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This