R10,6 miljoen per ongeluk in paartjie se sake-rekening

R10,6 miljoen per ongeluk in paartjie se sake-rekening

‘n Paartjie van Mpumalanga is borgtog van R10 000 elk toegestaan nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering R10,6 miljoen bestee het wat per ongeluk in hulle sake-rekening inbetaal is.

Die streekshof op Siyabuswa Mdutjana het gehoor dat die Dr JS Moroka-munisipaliteit vir George Mabaso en Maria Mabusa R1,6 miljoen moes betaal vir dienste wat hulle boumaatskappy, Geomab, gelewer het.

Hulle moet op 9 November weer in die hof verskyn.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This