R22 mil. se kontant in bagasie gevind; 2 mans in aanhouding

R22 mil. se kontant in bagasie gevind; 2 mans in aanhoudingHoosan Mahomed stap af na die selle na hy in die hof verskyn het. Foto: Netwerk24

Twee mans bly in aanhouding nadat hulle gister in in die landdroshof in
Bloemfontein verskyn het weens die besit van nagenoeg R21 miljoen kontant.

Baig en Hoosan Mahomed is Woensdag op die Bram Fischer-lughawe buite die stad in hegtenis geneem nadat hulle verdag opgetree het.

Die polisie het die geld in groot reissakke by hulle gevind.

Hulle wou ‘n vliegtuig na Kaapstad haal.

‘n Polisiewoordvoerder, Boitumelo Motlhabane, sê die twee het skynbaar van Durban na Bloemfontein gery van waar hulle sou vlieg.

Die geld was in rand- en dollar-note.

Baig Mohammed is in 2010 skuldig bevind aan die besit van dagga.

Die twee bly in aanhouding tot volgende Dinsdag wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This