Reuse-storm tref KZN

Die hewige storm wat KwaZulu-Natal getref het, het wydverspreide verwoesting veroorsaak.

Minstens twee mense is dood, vyf hospitale beskadig en skole en paaie gesluit.

Dit volg nadat ‘n ernstige storm gister ook chaos veroorsaak het in Gauteng.

Robert McKenzie van KwaZulu-Natal se nooddiens het inwoners gevra om binnenshuis te bly as dit enigsins moontlik is.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This