“SA moet sy politieke sake agtermekaar kry”

"SA moet sy politieke sake agtermekaar kry"

Die Internasionale Monetêre Fonds het sy groeivooruitsigte vir Suid-Afrika vir
die jaar tot een persent aangepas.

Die IMF het vroeër groei van 0,8% voorspel.

Die Fonds sê persepsies van politieke onbestendigheid kan egter negatiewe gevolge hê.

‘n Ekonoom, George Glynnis sê die land moet sy politieke sake agtermekaar kry.

Glynnis sê bewerings van korrupsie en staatskaping kortwiek die land se groeivooruitsigte en -vertroue.

Hy sê die land moet sake-vriendelik wees en beleggersvertoue aanmoedig.

Glynnis sê die land het vele hulpbronne wat benut moet word.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This