Sanef wen teen BLF

Die Nasionale Redakteursforum (Sanef) het sy aansoek om ’n interdik teen die Black First Land First-geweging en sy leier, Andile Mngxitama, in die Johannesburgse hooggeregshof gewen.

Regter Corrie van der Westhuizen het die BLF en Mngxitama verbied om verslaggewers en redakteurs te teister, intimideer, aan te rand, te dreig en na hul huise te gaan.

Netwerk24 sê pas nadat die interdik toegestaan is, het woedende BLF-lede allerlei beledigings en dreigemente aan joernaliste buite die hof geskree.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het vroeër ook ’n beroep op Mngxitama en die BLF, gedoen om die intimidasie en aanvalle op joernaliste dadelik te stop.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This