SARK ‘ontsteld en verstom’ oor Gupta-bewerings

Rosestad 100.6 Nuus GuptasFOTO M&G

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê hy is ontsteld en verstom oor die bewerings van ministeriële poste wat deur lede van die Gupta-familie aangebied is.

Die raad sê adjunk-minister Mcebisi Jonas se erkenning dat hy deur die omstrede familie genader is, is ‘n bewys dat daar ‘n poging is om die staat se tesourie te kaap en dit bring die aanstelling en afdankings van ministers in die gedrang.

Die Guptas het ook vanoggend in ‘n verklaring gesê hulle was al sedert 2000 vriende met president Jacob Zuma, voordat hy nog president geword het.

Hulle sê in ’n advertensie oor twee bladsye in die Gupta-beheerde dagblad,

The New Age, hulle wil die wanpersepsies, wanvoorstellings en doelbewuste leuens uit die weg ruim.

Hulle sê die feite sal die teenstrydighede uitwys in die bewerings dat die familie groot invloed oor die regering uitoefen, en die geringe volume van sake wat hulle met regeringsagentskappe doen.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This