SAUK-raad: Minister nie tevrede nie

SAUK-raad: Minister nie tevrede nie

Die minister van Kommunikasie, Ayanda Dlodlo, sê die SAUK se vorige tydelike raad het ‘n uiters belangrike stap uitgelaat met die werwing van kandidate vir topposte in die korporasie.

Sy het aan die parlementêre komitee op Kommunikasie gesê sy is nie tevrede met die ses mense op die kortlys vir die posisie van uitvoerende hoof en groepshoof nie.

Die Presidensie het vroeër ontken dat Dlodlo en president Jacob Zuma die aanstelling van ‘n permanente raad vertraag sodat hulle strategiese bestuursaanstellings kan manipuleer.

Die Presidensie het intussen kommer uitgespreek oor die sogenaamde SAUK-agt-groep van joernaliste wat beswaar gemaak het teen die departement se onlangse vergadering met die uitsaaier se nuusleierskap.

‘n Woordvoerder sê die korporasie se nuushoofde het die vergadering aangevra, wat gereeld plaasvind met joernaliste van verskeie mediagroepe.

Die Presidensie het die agt gewaarsku om nie beroeps- en onafhanklike joernaliste wat by die uitsaaier werk, te intimideer as hulle nie ‘n probleem het om met die regering te praat nie.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This