SOSIALE MEDIA: HULPBRON VIR JOU BESIGHEID-AS JY DIT REG (LAAT) DOEN

Daar bestaan baie besighede wie se webtuistes nie goed ontwerp is nie. Daar is ook besighede wat hoegenaamd geen webtuiste het nie.

Hierdie besighede moet die aard van die internet en die manier wat ‘n effektiewe webtuiste kan bydrae om doelwitte te bereik, verstaan. Besighede wat nie aanlyn-klienteleidrade ontvang of -verkope maak nie, is só ontwerp dat daar weinig interaksie met die verbuiker is en min nuwe besoekers lok. Sulke besighede moet waak om tipiese ‘brosjure-tuistes’ te word – dié wat bloot die basiese inligting oor ‘n besigheid bevat. Hulle dra uiteindelik net by tot die bestaande aanlyn-ruis en is van min waarde.

Wat maak ‘n webblad effektief?

Dit is die een wat ontwerp word met spesiale fokus op die behoefte van die geteikende mark.

Nie enige mark nie, maar dié wat kan baat by jou dienste en produkte.
Jóú webblad kan ‘n volhoubare bron van inkomste wees indien dit:
• ontwerp is om ‘n aanlyn-oplossing vir jou besigheidsbehoeftes te wees,
• met ‘n spesifieke doelwit gebou is,
• jou besigheid se persona weerspieël en
• geloofwaardigheid en gesaghebbend is.

poor social mediaDit is ‘n webtuiste wat vír jou werk, nie téén jou nie.

Bogenoemde geld vir enige besigheid wat aanlyn ‘n impak wil maak. Hetsy jy deur middel van ‘n aanlyn e-handeltuiste aan die publiek verkoop, of ’n basiese webblad het wat besoekers oor jou besigheid inlig, moet dit gebou word rondom die fokus van jou besigheid.
Inhoud en dit wat jy bied dra by tot die waarde wat ‘n geteikende mark aan jou blad toeskryf.

Dit is belangrik dat jy weet wat jou besoeker se behoefte is en wat die probleme is wat hulle probeer oplos waaneer hulle jou blad besoek.

Indien jy dit oorweeg om jou webtuiste te verander sodat dit rondom jou besigheid fokus en dit optimaal kan funskioneer, is daar vier vrae wat jy jouself moet afvra:

1. Wat is die fokus van my besigheid?

Wat is die dienste en produkte wat ek aanbied? Jou blad moet dieselfde doelwitte as jou besigheid hê. Bied dit oplossings aan die kliënte wat jou dienste of produkte gebruik? Hoekom is dit beter as jou mededinger? Wat is die voordele om my besigheid eerder as my mededinger te gebruik?

2. Wie is jou teikenmark?

Weet jy wie die verbuikers van jou dienste en produkte is? Verstaan jy hulle behoefte? Hoe oud is hulle? Hoe goed ken jy hulle? Wat is hulle inkomstegroep en geletterdheid? Leef en werk hulle in ‘n spesifieke gebied? Kom hulle vanuit ‘n spesifieke industrie? Dit help om spesifieke personas van jou beste kliënte te ontwikkel. Jou webblad en die inhoud daarvan sal rondom hulle fokus en ontwikkel.

3. Hoekom sal mense my tuiste wil besoek?

Wat is jou besoeker se behoefte? Jou dienste en produkte moet haan hulle behoeftes voorsien.

4. Wat is dit wat jy wil hê wat besoekers op jou blad moet doen?

Is daar ‘n ‘sneller’ wat gaan sorg dat besoekers hul aksies op jou tuiste voltooi? Kan hulle sien dat jy hulle behoeftes verstaan en dat jy hulle probleem kan oplos? Maak seker dat jou blad goed-geformuleerde snellers het wat sigbaar is, maar nie as desperaat voorkom nie.

ABC of Internetmarketing het jare se ondervinding in die ontwikkeling van hoogs-effektiewe webbladsye. Indien jy ‘n nuwe blog, e-handelwinkel of enige aanlyn-oplossing oorweeg of benodig, skakel ons vir hulp om jou ‘n aanlyn-sukses te maak.

Skakel gerus 0824155799 of besoek www.abcofinternetmarketing.co.za

ABC of Internet Marketing Website Login Background 2015

Johnny Da Silva
Internet Bemarkings Bestuurder at ABC of Internet Marketing
Johnny Da Silva is the Internet Marketing and Website Design Consultant in Bloemfontein. His goal is to help businesses and individuals online with SEO, PPC, Email Marketing, Web Designs, Online Reputation Management, Hosting Video Conferencing and whatever solution is needed to make them achieve a profitable and more effective goal conversion.
As an Internet Marketing Consultant, Johnny Da Silva’s approach is about helping you piece your Internet Marketing Campaign together. Perhaps you already have a strategy in place, but your winger keeps dropping the ball or your fly half never scores that game changing kick. This is where a Digital Expert like Johnny Da Silva can help your business play the Social Media game and get out on top.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This