Spioenasiebande-sage: Hof gaan uitspraak lewer

Spioenasiebande-sage: Hof gaan uitspraak lewer

Die Appèlhof in Bloemfontein gaan na verwagting môre uitspraak lewer in president Jacob Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag se aansoek in die spioenasiebande-sage.

Hulle het verlede maand toegegee dat die gewese hoof van die NVG, Mokotedi Mpshe, in 2009 irrasioneel was met sy besluit om Zuma nie te vervolg op 783 aanklagte van korrupsie nie.

Dit hou verband met Suid-Afrika se omstrede wapentransaksie van miljarde Rande.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This