“Spoorwegpolisie moet heringestel word”

Die naasgrootste vakbondfederasie Fedusa vra dat die spoorwegpolisie
heringestel word om misdaad op treine te bekamp.

Fedusa sê dringende stappe is veral in die Wes-Kaap nodig waar geweldadige aanvalle op treinpendelaars toenemend voorkom.

Die vakbondfederasie se oproep volg op berigte dat 32 pendelaars die afgelope twee jaar op treine in die Wes-Kaap vermoor en 66 ernstig beseer is.

Die hoofsekretaris van Fedusa, Dennis George, sê die situasie op stasies
en in treine is onaanvaarbaar en die Passasierspooragentskap, Prasa, moet
aanspreeklikheid aanvaar.

Hy sê die spoorwegpolisie moet so gou moontlik heringestel word om treine te monitor en pendelaars sowel as spoorwegwerkers teen misdadigers te beskerm.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This