Staatskaping: “Stel kommissie van ondersoek aan”

Staatskaping: "Stel kommissie van ondersoek aan"

AfriForum, die Quaker-vredesentrum en die FW de Klerk-stigting sal vandag
’n aansoek by die konstitusionele hof indien om adjunk-president Cyril Ramaphosa te beveel om ’n kommissie van ondersoek aan te stel om bewerings van staatskaping te ondersoek.

Die hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, Monique Taute, sê in ’n verklaring om Suid-Afrika se goeie naam te herstel, om verandering te laat gebeur en om korrupsie in die land uit te roei, is dit van die uiterste belang dat alle partye wat in die staatskapingsverslag geïmpliseer word, ondersoek, vervolg en verantwoordbaar gehou moet word.

AfriForum sal op ‘n nuuskonferensie in Pretoria meer besonderhede oor sy aansoek bekend maak.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This