STAATSKAPING: VRESE DAT NUWE OB SAL VERSLAG VERANDER

STAATSKAPING: VRESE DAT NUWE OB SAL VERSLAG VERANDER

Die DA het Maandag amptelik toegetree tot die regsgeding waarin pres. Jacob Zuma en Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, interdikte wil bekom om te voorkom dat die verslag oor staatskaping uitgereik word.

Netwerk24 berig vrese bestaan dat adv. Thuli Madonsela se opvolger, adv. Busisiwe Mkhwebane, die uitreiking van die verslag kan vertraag of dit selfs kan probeer verander.

Netwerk24 berig die DA wil hê dat die verslag in openbare belang bekend gemaak word omdat dit die wolk oor Zuma se kop kan laat verdwyn of die omvang van sy betrokkenheid by die Gupta-familie kan bevestig.

Die party sê Zuma en Van Rooyen se aansoeke om interdikte is eerder pogings om in die funksionering van ’n staatsinstelling in te meng, wat ’n skending van die beginsel van die skeiding van magte is.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This