Studente in Bfn neem deel aan optog oor veiligheid

Studente en personeel van twee universiteite in Bloemfontein het gister aan ’n optog oor veiligheid op en van hul kampusse af deelgeneem.

Studente en bestuurslede van die Universiteit van die Vrystaat en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie het ‘n optog na die hoofkwartier van die Mangaung-metro gehou om ’n griefskrif te oorhandig.

Studente sê hulle voel onveilig en word gereeld blootgestel aan misdade soos teistering, verkragting, roof, aanranding, intimidasie en ander geweld.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This