“STUKKIE SUID-AFRIKA” IN ENGELAND VIR BOKKE

"STUKKIE SUID-AFRIKA" IN ENGELAND VIR BOKKE

Die Springbokke sal van meet af op die Wêreldbeker-toernooi in Engeland kan sien die gras is groener aan die ander kant.

Dit volg op die jongste plan om vir die Bokke ’n bietjie tuisveldvoordeel saam te vat deur ’n lappie gras wat hier op eie bodem gekweek is voor elke wedstryd in die kleedkamer te sit.

Reuters berig dié gras word vanoggend amptelik deur ’n aantal Suid-Afrikaanse beroemdes by die Springbok Experience-museum in die V&A Waterfront “gedoop”.

Die spesiale sooie groei in grond wat uit al 14 plaaslike rugbyunies se grondgebied aangery is.

Die sade daarvan gaan Engeland toe, waar dit in spesiale houers in die kleedkamer geplant sal word.

Dié “stukkie Suid-Afrika” sal die laaste ding wees waaraan die Bokke se rugbystewels sal raak voordat hulle op die veld uitdraf vir elke wedstryd.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "“STUKKIE SUID-AFRIKA” IN ENGELAND VIR BOKKE"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This