Superrugbykoors tref Bloem

Rosestad 100.6 Nuus Superrugby

Die nuwe vergrote Superrugbyreeks waaraan die Jaguares van Argentinië, die Sunwolves van Japan en die Kings van die Oos-Kaap ook gaan deelneem, skop vandag af.

Groot opwindng heers in Bloemfontein vir die wedstryd vanaand om 19:00 wanneer die Cheetahs in Bloemfontein teen die Jaguares speel.

Die Cheetah-afrigter, Franco Smith meen sy span is is redelik onbekend en beloof dat die span vanjaar aanskoulike rugby sal speel.

Smith meen vanaand se wedstryd sal voorlangs beslis word.

Drie van die naweek se nege wedstryde word vandag beslis.

In die eerste kragmeting net ná half-nege vanoggend, Suid-Afrikaanse tyd, kom die Blues in Auckland teen die Highlanders te staan.

Die Brumbies en die Hurricanes pak mekaar om kwart voor elf in Canberra.

Groot opwindng heers in Bloemfontein vir die wedstryd vanaand om 19:00 wanneer die Cheetahs in Bloemfontein teen die Jaguares speel.

Die Cheetah-afrigter, Franco Smith meen sy span is is redelik onbekend en beloof dat die span vanjaar aanskoulike rugby sal speel.

Smith meen vanaand se wedstryd sal voorlangs beslis word.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This