Trump: “Moslems is onwillig om terroriste uit te wys”

Trump: "Moslems is onwillig om terroriste uit te wys"

Die aspirant Republikeinse kandidaat in die komende Amerikaanse presidentsverkiesing, Donald Trump, het weer Moslems wêreldwyd die harnas ingejaag met sy beskuldiging dat hulle nie vermeende aanvallers onder die aandag van die owerhede bring nie.

Trump het na aanleiding van die week se terreuraanvalle in Brussel die gewraakte opmerking tydens ‘n onderhoud met die Britse ITV kanaal gemaak.

Hy het gesê Moslems se onwilligheid om voornemende terroriste uit te wys, skep die indruk onder mense dat hulle mede-­Moslems op dié wyse wil beskerm.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This