TUT se kampusse opgeskort

TUT se kampusse opgeskort

Alle lesings by die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) se kampusse in Pretoria-Wes en Arcadia is voorlopig tot Maandag opgeskort.

Dit nadat studente vroeër die week buitebande by die hoofingang aan die brand gesteek en rommel gestrooi het.

’n Dosent is na bewering ook deur studente aangerand toe hy foto’s van die brandende bande wou neem.

Klasse by TUT se Pretoria-kampus is reeds Woensdag opgeskort.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This