Uitruilstudent gaan UV verkla in Nederland

Uitruilstudent gaan UV verkla in Nederland

‘n Nederlandse uitruilstudent aan die Universiteit van die Vrystaat gaan universiteite in sy tuisland vra om hul samewerkings­-ooreenkoms met Kovsies te hersien en moontlik te beëindig.

Bart Bouwman het ‘n brief aan die Universiteitsraad gerig met betrekking tot die hersieningsproses van die universiteit se taalbeleid.

In die brief het hy die raad versoek om sekere argumente in oënskou te neem voordat ’n besluit met betrekking tot die taalbeleid en die wegdoen van Afrikaans geneem word.

In ‘n opvolgbrief stel Bouwman dit duidelik hy het via die studenteraad verneem dat sy brief nooit belanghebbendes bereik het nie.

Volgens hom is die wyse waarop die taalbeleidshersieningsproses plaasgevind het, ‘n aanduiding dat die universiteit sy brief opsetlik van die raad weerhou het.

Indien Bouwman nie voor 23 April terugvoer oor sy brief en die verspreiding daarvan ontvang het nie, gaan hy ’n klag indien by die twee Nederlandse universiteite, Ryksuniversiteit Groningen en die Universiteit van Amsterdam, waar hy tans as student geregistreer is.

Hy gaan vra dat hul samewerkings-ooreenkoms met die UV hersien en moontlik beëindig word.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This