US gaan taalbeleid hersien

Rosestad 100.6 Nuus Universiteit van Stellenbosch US taalbeleid hersien

Die rektor en vise-kanselier van die Universiteit Stellenbosch, professor Wim de Villiers, het bekend gemaak dat die US se taalbeleid vanjaar hersien gaan word.

Die eerste konsepbeleid gaan Dinsdag, aanstaande week, bekend gemaak word, waarna lede van die publiek 30 dae kans het om hulle insette te lewer.

Die proses sal tot einde Junie duur, wanneer die US-raad die hersiene taalbeleid sal goedkeur of van die hand wys.

Die onder-voorsitter van die raad, professor Pieter van der Walt, het vroeër gesê die huidige taalbeleid het tekortkominge vir studente wat nie Afrikaans magtig is nie.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This