Verblyf aan onwettige immigrante sal beboet word.

Rosestad 100.6 Nuus onwettige immigrante

Mense wat verblyf gee aan onwettige immigrante kan beboet word of tronkstraf van tot 12 maande opgelê word.

Die departement van Binnelandse Sake het 118-miljoen rand begroot om tot in 2018 ok gereelde inspeksies uit te voer.

Veral maatskappye wat buitelanders sonder die korrekte dokumentasie in diens neem, sal besoek word..

Ingevolge die Wet op Immigrasie moet ‘n persoon wat verblyf of slaapgeriewe teen betaling aan immigrante verskaf, ’n register van al die huurders hou waarin besonderhede verstrek word soos wat deur die wet bepaal word.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This