“Vordering is reeds gemaak met Nasionale Ontwikkelingsplan”

President Jacob Zuma sê die Nasionale Ontwikkelingsplan sal net ‘n belofte
bly as dit nie aan die nasionale begrotingsplanne gekoppel word nie.

Zuma, wat in Kaapstad gepraat het by die vyfde herdenking van die plan, sê vordering is reeds gemaak sedert dit bekendgestel is.

Hy het na die lewensverwagting van mense en die getal kinders in skole verwys en erken dat daar talle uitdagings is – veral in landelike gebiede.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This