Vrou (53) betaal polisie-agent om haar man te vermoor

Vrou (53) betaal polisie-agent om haar man te vermoor

Lede van die Valke in Mpumalanga het gister ’n 53-jarige vrou in hegtenis geneem omdat sy na bewering saamgesweer het om haar man te vermoor.

Netwerk24 berig dat die verdagte met ’n huurmoordenaar — wat ’n polisie-agent was — gereël om te help met die moord gister by Malelane met hul terugkeer na Mosambiek, nadat hulle ’n vriend in Witrivier besoek het.

Die vrou het die agent R500 rand vir brandstof en R20 000 vir die moord betaal en is onmiddellik ná die betaling in hegtenis geneem.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This