VROU DOOD IN MESAANVAL DEUR INBREKER

VROU DOOD IN MESAANVAL DEUR INBREKER

’n Vrou van in die sestigs is dood nadat ’n vermeende werknemer glo in die vroeë oggendure by haar huis in Sinoville in die noorde van Pretoria ingebreek het.

Sy en haar seun is deur die man met ’n mes aangeval.

Volgens die polisie kon die seun daarin slaag om uit die huis te vlug en het om hulp geroep.

Die motief vir die aanval is nog onbekend.

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This