VSA: Aandele in vuurwapenmaatskappye styg

VSA: Aandele in vuurwapenmaatskappye stygStephen Paddock. Foto: NY Daily News

Uit Amerika word berig dat aandele in vuurwapenmaatskappye ná die Las
Vegas-slagting begin styg het.

Minstens 59 mense is dood en meer as 500 gewond toe ‘n aanvaller, Stephen Paddock, met ‘n aanvalsgewere uit sy hotelkamper op duisende mense by ‘n countrymusiekkonsert losgebrand het.

Die hoofekonoom van Moody’s, Mark Zandi, sê beleggers skryf dit toe aan ‘n voorspelde toeloop om wapens te bekom.

Zandi sê beleggers glo dat nuwe wuurwapenregulasies wat die private besit van vuurwapens kan beperk, moontlik ná die voorval ingestel kan word.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This