Wateronderbreking vir suidelike dele van Bfn

"Droogte is nie enigste oorsaak van waterkrisis nie"

`n Watertoevoer-onderbreking beïnvloed die voorsiening na die suidelike dele
van Bloemfontein, nog tot more.

Pellisier, Lourierpark, Bloemanda, en omliggende buurte, asook Thaba Nchu en Botshabelo, word geraak.

Die wateronderbrekings, wat reeds Maandag begin het, word toegeskryf aan die skoonmaak van die Rustfontein Watersuiweringsaanleg en instandhoudingswerk.

Anton Smith
Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This