Wepener: Nog twee vas na plaasmoorde

Rosestad 100.6 Nuus Wepener - Vermeende Plaasaanvallers vasgetrek Pieter van der Berg

Nog twee verdagtes is in hegtenins geneem in verband met die moord op Pieter Johannes van den Berg en sy werker op sy plaas in Wepener verlede week.

Rosestad Nuus het vertroulik verneem dat die gemeenskap in die woonbuurt Kanana buite die dorp die twee mans Dinsdagaand aan die owerhede oorhandig het.

Dit is onseker wanneer hulle in die hof sal verskyn.

Drie verdagtes in verband met die moord op Van den Bergh en sy werker, Tsietso Elizabeth Matsabisa, het reeds Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die saak is tot 2 Mei uitgestel.

Hulle sal tot dan in aanhouding bly.

 

Armand Cloete
Sosiale Media- en nuusredakteur at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is sosiale media- en nuusredakteur by Radio Rosestad.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This