“Wetstoepassers moet rol van Guptas hanteer”

ANC vergader oor hof se uitspraak teen Zuma

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê wetstoepassers moet die rol van die Guptas en die uitgelekte Gupta-e-posse hanteer, omdat die regerende party nie ’n wetstoepassingseenheid is nie.

Hy het ná ’n spesiale vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee met die oog op die party se beraad wat vandag in Pretoria begin, aan joernaliste gesê die polisie moet mense in hegtenis neem wat van misdaad aangekla word en die regstelsel moet dan sy loop neem.

Mantashe het volgens Netwerk24 wel gesê die party hanteer die Guptas se rol in die staatskapingsage.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This