Zimbabwe: 56 renosterhorings uit kluis gesteel

Zimbabwe: 56 renosterhorings uit kluis gesteel

Die voormalige hoof van Zimbabwe se nasionale parke, Edson Chidziya, word
aangekla van wanbestuur en magsmisbruik nadat 56 renosterhorings vermis geraak het.

Renosterhorings ter waarde van bykans R40 miljoen is uit `n kluis gesteel.

Die ondersoek na die diefstal van renosterhorings duur reeds die afgelope jaar.

Die gesteelde horings is nie opgespoor nie.

Zimbawe het `n reuse voorraad renosterhorings en olifanttande wat hy weens `n internasionale verbod nie mag verkoop nie.

Die land is `n groot bron van onwettige ivoor wat na Asiese lande gesmokkel word.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This