“Zuma gaan uiteindelik in die hof verskyn”

Kabinetskommeling: Zuma se aansoek word aangehoor

Die DA het die besluit van die Appélhof verwelkom om President Jacob Zuma
en die Nasionale Vervolgingsgesag se appél teen die herinstelling van aanklagtes teen Zuma van die hand te wys.

Die voorsitter van die DA se federale raad, James Selfe, sê Zuma sal uiteindelik in die hof verskyn.

Regter Eric Leach het vroeër in die Appélhof in Bloemfontein gesê hy kan nie foutvind met die Hooggeregshof se beslissing in die sogenaamde spioenasiebande-saak nie.

Die hooggeregshof het bevind dat die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mokotedi Mphshe, irrasioneel opgetree het toe hy in 2009 honderde aanklagte van korrupsie teen President Zuma laat vaar het.

Die Appélhof het die saak met koste van die hand gewys.

President Zuma woon intussen vandag die bekendstelling van die OR Tambo-erfenisterrein in Lusaka in Zambië by.

Die huis waar Tambo 22 jaar van sy 33 jaar in ballingskap deurgebring het, word amptelik deur die Zambiese regering aan Suid-Afrika oorhandig.

Die geleentheid val saam met Tambo se 100ste verjaarsdagvieringe.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This