“Zuma kan nie al die skuld kry nie”

Kabinetskommeling: Zuma se aansoek word aangehoor

‘n Bekende ekonoom sê die regering het baie geloofwaardigheid verloor, maar president Jacob Zuma kan nie al die skuld kry daarvoor nie.

Dawie Roodt van die Efficient-groep sê die skade sal nie ongedaan gemaak word as hy verwyder word nie.

‘n Politieke ontleder sê intussen die DA se mosie om die Parlement ontbind te kry, kan slaag as al die opposisiepartye saamstaan.

Partyleier Mmusi Maimane het die mosie eergister aangekondig na die mislukte mosie van wantroue in Zuma.

Professor Amanda Gouws van die Universiteit Stellenbosch verduidelik hoe die partye te werk kan gaan.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This