11 verhongerde kinders in die staat Georgia in die VSA gered

11 verhongerde kinders in die staat Georgia in die VSA gered

Uit die VSA word berig dat twee mans en drie vroue in hegtenis geneem is nadat die polisie 11 verhongerde kinders uit ʼn wooneenheid in die staat, Georgia, gered het.

Die kinders is ontdek toe daar na ʼn vermiste kleuter gesoek is.

Die drie vroue, oënskynlik die kinders se ma’s, is later vrygelaat.

Sheriff Jerry Hogrefe van die Taos-distrik het beskryf hoe die kinders onder die haglikste lewensomstandighede wat hy nog ooit gesien het aangehou is.

Hy sê die twee mans is glo lede van ʼn ekstremistiese geloofsgroep.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé