16 jong meisies beseer in taxi-ongeluk

16 jong meisies beseer in taxi-ongeluk

In ‘n taxi-ongeluk waarin skoolkinders betrokke was, is 16 meisies van tussen 14 en 16 jaar oud vanoggend beseer toe ‘n minibus-taxi wat hul van Tongaat en Durban vervoer het, van die pad geloop en omgeslaan het.

Netcare 911-woordvoerder Nick Dollman, sê die meisies het matige tot ligte beserings opgedoen.

Ses van hulle is na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

In nog ‘n minibus-taxi-ongeluk is drie mense vanoggend dood toe ‘n taxi in Durban teen die kant van ‘n motor vasgejaag het.

Twee mans en ‘n vrou in die motor het gesterf, en die bestuurder is die enigste van die vier insittendes wat die ongeluk oorleef het.

Die bestuurder van die taxi was glo alleen in die voertuig ten tyde van die ongeluk.

Rosestad 100.6 Cell C Smartdata

Anton Smith

Anton Smith is op 2 November in Port Elisabeth gebore. Op sesjarige ouderdom verhuis die Smith-gesin na Bloemfontein, waar hy sy skoolloopbaan aan Grey-kollege sluit. Daarna doen hy sy diensplig by die Lugmag. Na die voetestamp studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch waarna hy vanaf 1980 in die uitsaaibedryf betrokke is as radio en TV-aanbieder, radiodramaregisseur en nuusjoernalis. Hy was betrokke by die SAUK se RSG en TV, OFM as programdirekteur en tans Radio Rosestad. Anton is `n skrywer, akteur, stemkunstenaar en hou van skilder. Hy het twee dogters, Imke en Nelien.


Pin It on Pinterest

Shares
Share This