2 afsonderlike voorvalle van roof by die Voortrekker-monument in Pretoria

Besoekers en werkers by die Voortrekker-monument in Pretoria het die afgelope naweek in twee afsonderlike voorvalle onder gewapende rowers deurgeloop.

Netwerk24 berig ’n groep gr. 7-meisies is Vrydagaand op ’n Voortrekkerkamp by die monument aangeval.

Een van die offisiere wat by die meisies was, is van haar handsak en selfoon beroof en deur ‘n rower aangerand.

Die meisies van die Klapperkop-kommando is nie beseer nie, maar erg getraumatiseerd.

Die monument het Saterdagoggend weer onder ’n rooftog deurgeloop.

Vier rowers met pistole en rewolwers het die wagte by die ingangshek aangehou, die kassiere van geld beroof en haar gedwing om die kluis oop te sluit voordat hulle op die vlug geslaan het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This