2 Bfn vroue sien rooi oor duur water

Bfn vroue sien rooi oor duur waterMarie Fouché (links) en Jackie Burger (regs) met hul waterrekenings. Foto: Netwerk24

Twee vroue van Bloemfontein is raadop oor peperduur rekenings wat hulle vir watergebruik van die Mangaung Metro ontvang het.

Volgens Jackie Burger van Roodewal se rekening het sy sowat eenduisend 240 eenhede in November gebruik en skuld sy nagenoeg R24 000.

Sy het vir Desember ’n rekening ontvang vir die gebruik van 265 eenhede wat haar R5 000.

Volgens haar eie lesings het sy net 39 eenhede se water in Desember gebruik.

Nog ’n inwoner van Roodewal wat rooi sien oor haar waterrekening, is Marie Fouché.

Volgens haar het sy ’n hemelhoë rekening gekry weens ’n nuwe meter wat gelek het.

Sy het daarna ’n rekening van sowat R6 000 vir minder as twee maande se water ontvang.

Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die Mangaung-metro, het aan Netwerk24 gesê daar is ’n geskiedenis van mense op hoewes wat groot hoeveelhede water rondom wonings gebruik, maar dat die saak ondersoek word.

Armand Cloete
Bemarkings Bestuurder at Radio Rosestad 100.6FM
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.

Pin It on Pinterest

Shares
Share This