2 prokureurs verbied om verder te praktiseer in Bfn huis

2 prokureurs verbied om verder te praktiseer in Bfn huis

Kantore en ondernemings wat onwettig in huise in voorstede van
Bloemfontein verskyn, het in die Vrystaatse hooggeregshof die wind van voor gekry toe twee prokureurs verbied is om verder in ’n huis in Dan Pienaar te
praktiseer.

Netwerk24 berig Dirk Malan Labuschagne en Elma York, van L&V-prokureurs in Paul Rouxstraat het tot 1 April om ander kantore te kry.

Waarnemende regter C. Nicholson het gelas dat hulle kan terugskuif wanneer die nodige goedkeuring van die Mangaung-metro verkry is.

Dit volg nadat hul buurvrou, Theresa du Plessis, gekla het die onderneming maak inbreuk op haar reg om in ’n woonbuurt wat vir woondoeleindes gesoneer is, te bly.

Die oprig van ondernemings in woonbuurte sonder toestemming is ’n onwettige verontagsaming van die stadsbeplanningskema.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "2 prokureurs verbied om verder te praktiseer in Bfn huis"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This