2 voorvalle van gewapende roof die afgelope naweek in die Rosestad

2 voorvalle van gewapende roof die afgelope naweek in die Rosestad

Twee voorvalle van gewapende roof het die afgelope naweek in die Rosestad
voorgekom.

Netwerk24 berig gewapende rowers het Saterdag in die vroeë oggendure by ’n studentehuis in Universitas ingebreek en ’n student van ’n selfoon en ’n skootrekenaar geroof.

Geen skote is geskiet nie en niemand is beseer nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ’n klag van huisroof word ondersoek.

Die ander voorval behels sakeroof waar drie gewapende mans die Engen-vulstasie op die N8 by Bloemfontein van kontant en sigarette beroof het.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, sê volgens inligting was ’n kassier besig met ’n klant toe twee gewapende mans by die winkel ingestorm het.

Die kassier is met ‘n vuurwapen gedreig en beroof waarna die rowers in ‘n wit Toyota Corolla gevlug het.

Gerdie Karstens
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Pin It on Pinterest

Shares
Share This