2 VS polisievakbonde kwaad oor onregverdige bevordering van lede

2 VS polisievakbonde kwaad oor onregverdige bevordering van lede

Twee polisievakbonde in die Vrystaat wen regsadvies in oor wat hulle noem die onregverdige bevordering van sewe senior polisielede in die provinsie.

Die Police and Prisons Civil Rights Union (Popcru) en die South African Police Union (Sapu) sê die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, het nie die regte prosedures gevolg toe hy die beamptes bevorder het nie.

Drie brigadiers is tot generaal­-majoor bevorder, terwyl drie kolonels tot brigadier bevorder is en ’n luitenant­-kolonel tot kolonel.

JJ Brummage, provinsiale voorsitter van Sapu in die Vrystaat, sê volgens hom is die poste nooit geadverteer nie, wat ander lede die kans ontneem het om daarvoor aansoek te doen.

Chakale Amelia Mahlatsi, provinsiale sekretaris van Popcru in die Vrystaat, het in ’n verklaring gesê Popcru is in die proses om ’n interdik teen Phahlane se bevorderings te kry.

Brig. Mashadi Selepe, Phahlane se woordvoerder, het aan Netwerk24 gesê als is interne prosedures wat nie in die media bepreek kan word nie.

Gerdie Karstens
Omroeper at Radio Rosestad 100.6FM
“As jy nie staan vir enige iets nie, sal jy val vir enige iets.”
Gerdie is nie net die aanbieder op Rosestad tussen 09:00 en 12:00 (weeksdae) nie , maar ook sportjoernalis wat spog met 10 jaar ondervinding in sportjoernalistiek by Media 24. Hy is ‘n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan UVS ontvang. Gerdie is getroud met Tracey, en hulle twee dogters, Marelize en Elmé

Be the first to comment on "2 VS polisievakbonde kwaad oor onregverdige bevordering van lede"

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Shares
Share This