Minstens 24 mense, waaronder verskeie kinders, is dood in ‘n fratsvloed wat ‘n mark in die suidelike Angolese stad, Lubango, getref het.
Volgens die Angop-nuusagentskap word sowat 30 mense vermis.
Ná byna 24 uur se stortreën het die Capitao-rivier sy walle oorstroom waarna die vloedwater deur die mark gestroom het waar talle mense besig was om hulle motors en fietse te was.
Net soos in die res van Suider-Afrika, gaan die suide van Angola ook gebuk onder een van die ergste droogtes nòg.
Armand Cloete is die doodgewone man op straat wat soos almal verstom staan oor alles wat in die wêreld aangaan. Hy hou van dink en redeneer, soveel so dat dit sommige mense kan frustreer. Armand glo egter deur die regte vrae te vrae, kan jy dalk bietjjie nader aan waarhede kom. Hy was voorheen ‘n aanbieder by Radio Rosestad en tussen deur ook navorser en skakelbeampte by die Demokratiese Alliansie. Armand kon na drie jaar in die politiek nie meer die radio-gogga ignoreer nie en is nou ‘n voltydse politieke verslaggewer.